Vroeg 2007 begin ons weer met 'n Bybelskool kursus in Bybel interpretasie
- In die tweede kwartaal is daar 'n sewe weke kursus in basiese vaardighede in Bybel interpretasie (verkorte weergawe van module 1 van Veritas College). Die volgende tema's word aangeraak: Hoe en waarom het die Bybel tot stand gekom ? Hoe kommunikeer die Here vandag deur middel van die Bybel met ons ? Sleutelaspekte in Bybelse interpretasie. Hoe om met 'n Bybelse teks te werk. Hoe om taal en vertalings te verstaan. Verantwoordelike Skrifgebruik. Tydens elke geleentheid word tyd afgestaan om meer lig te werp op 'n bepaalde deel van die Bybel.
- 5 Januarie 2007 begin ons met met module 2 wat 'n mens deur die hele Ou Testament vat. Dit is 'n langer kursus en beslaan sowat 21 sessies wat einde September klaarmaak. Ons gaan vir 11 sessies oor die Pentateug praat, 6 sessies oor die tien gebooie en 4 sessies oor die Ou Testament verhale. Slegs mense wat module 1 (of verkorte weergawe) deurloop het kan met module 2 begin. Die koste van die kursus is ongeveer R 220 en sluit alle materiaal in.
Belangstellendes kan hulle name vir Petra Beyleveld by 9764519 deurgee.
Julle is welkom om my te kontak met navrae - Marius Breytenbach
sel 0823766053 kantoor 9764519 e-pos marius@stellenberg.co.za
No comments:
Post a Comment