Goeie dag aan almal. Ek het dit goedgedink om die vrae wat tydens die kursus gevra word hier te publiseer. Stuur asseblief nog enige vrae aan my by marius@stellenberg.co.za
Ek sal iewers probeer om op sommige vrae kommentaar te lewer. Ek sal natuurlik ook julle kommentaar op van die vrae wil hoor.
BELANGRIK: Ons gaan wel volgende week 27 Februarie formeel klaarmaak. Ek het die sessie so ingerig dat ons ook na Theunis Scheepers gaan luister. Woensdag 7 Maart gaan daar ook 'n ekstra sessie wees vir 'n informele gesprek waar daar tyd is vir vrae en perspektiewe.
VRAE:
1. Hoekom is daar soveel Christen denominasies in die wêreld? Meer as wat daar verskillende gelowe is?
2. Was die vroeë godsdiens van die Christene die Katolieke van wie die Reformasie weggebreek het?
3. Waarom word Jode tot vandag toe nog apart begrawe in hulle eie begraafplase?
4. Hoe kan ons sê dat ons 'n monoteistiese godsdiens aanhang terwyl ons glo God is Vader, Seun en Heilige Gees.
5. Is die Arabiere en Moslems dieselfde?
6. Wat is die verskil tussen Aramese Jode en Christelike Jode?
7. Kyk na Handelinge 14:12-14. Wat gaan hier aan?
8. Hoe wyd is God se genade? Word die Jode, Christene, Moslems almal ingesluit?
9. Kan Moslems hemel toe gaan en indien wel op grond waarvan?
9. Kan Moslems hemel toe gaan en indien wel op grond waarvan?
Wat dink julle van hierdie vrae. Laat my weet. Ek hoop om 'n bietjie van julle kommentaar te hoor. Stuur asseblief nog vrae of opmerkings deur. Groete Marius
1 comment:
Kan Moslems hemel toe gaan en indien wel op grond waarvan ?
Post a Comment